Mina en George

MaanKind's avatarMaanKind

Twaalf jaar gelede het ons vir Mina en George in Kleinmond kom kry. Elke dorp het mos maar sy probleem met bergies, en die afgelope paar jaar het Kleinmond se probleem groter geword. Maar Mina en George was seker ons bekendste en geliefdste ‘paartjie’. Mina met haar regop ruggie, en George al slingerende oor die pad, as hy hoogtrap as die Rooiproppie trek.

Vir lank was hulle woonplek in die bosse in die digte fynbos hier onder, naby ons huis, en het hulle paadjie tussen drankwinkel en boshuis by ons huis verbygeloop. Vir ‘n hele ruk het ek gereeld vir Mina haar R7 gegee vir hulle ‘stofie se paraffien’, totdat ek op ‘n dag besef het sy is die stofie en die Rooiproppie (wat toevallig R7 kos) die paraffien. Toe is ons maar weer terug op net kos as ek hulle sien. Sy noem my Juffrou, om een of ander…

View original post 474 more words

Leave a comment