Ouma, ons is eintlik almal sterre, ons droom maar net ons is mense.
Sowaar?
Jahaaa. En ons is álmal boeties en sussies. En daar is net drie goed wat ons moet doen. Ons moet respek hê vir mekaar, ons moet goed wees vir mekaar, en mekaar help.
Regtig?
Ja, Ouma. Dis die waarheid. Behalwe dat daar nie regtig iets soos die waarheid is nie.
Ja?
En as ons doodgaan, gaan ons na ‘n plek bokant die blou van die lug. Die mense wat lewe, bly onder die blou, en as jy doodgaan, gaan jy na bokant die blou van die lug. Dis ‘n baie groot plek, en daar is niks lande soos Japan en so nie, net een groot plek. En jy gaan almal ken wat jou familie hier was, maar jy gaan ook nuwe familie ontmoet. En jy gaan nie eers ‘n tassie klere of speelgoed saamvat nie, jy…
View original post 182 more words